Welkom van die Hoof se kantoor

Dit gaan maar oor die kinders. Dit het nog altyd. Eerstens lei ons hulle in die weg van Jesus om sodoende die Koninkryk uit te brei. Tweedens om volwassenes te word wat:
​
*Persoonlike verantwoordelikheid sal aanvaar vir hulle optrede en keuses.
*Bydraende lede van die samelewing sal word.
*Vrylik diens aan ander sal lewer..
​
Dit is my doel om ‘n omgewing te skep vry van onnodige stres, afknouery en ongewenste groepsdruk. Verder wil ons in liefde en vrede saamwerk en goeie herinneringe vir kinders bou.
My persoonlike pad sluit meer as twintig jaar in die onderwys en 13 jaar in die besigheidswêreld in. Dit het ook maar sy uitdagings gehad – soos alle mense se lewens! Ek weet egter dat God my na Baken toe gelei het om Sy taak op my klein manier te kan dien.
Ek is ewig dankbaar vir elke kind, kollega en ouer wat kies om die pad saam ons te stap. Elke dag is ‘n vreugde en ‘n seën!
Groete
M. Gericke, Hoof

Baken Akademie is ‘n privaatskool in North Riding, Roodepoort.
​
By Baken Akademie skep ons ‘n omgewing en atmosfeer waarin elke kind tyd gegun word om hulle spesiale talente te ontdek en ontwikkel. Daar is ‘n sterk klem op akademiese uitnemendheid volgens elke kind se vermoëns.
​
ONS BIED ONDERRIG AAN VANAF GR RRR TOT EN MET GR 12.
Ons Personeel

Martin Gericke
Hoof

Jeni Gericke
Akademiese Hoof

Hesré Grobler
HOD: Gr 2-3
​

Zelma van Rensburg
HOD: Gr 4-7
​

Bianca Lourens

Niconette Hounsell
HOD: Gr 8-12

Bianca Kloppers

Claudia Rheeder

Anita vd Westhuizen

Lundi Hlongwane

Kaylin Oosthuizen

Francois Otto

Pierre du Preez

Arina van Zyl

Stefanie du Preez

Annelise Homan
