SKOOLDRAG
School clothes
Skooldrag
Alle skoolklere is beskikbaar by:
​
STUDENT SCHOOLWEAR and SPORT
​
Adres:
​
Shop 14, Trinity Village Shopping Center, Cnr Knoppiesdoring and Eastwood, Beyers Naudé Dr, Randpark Ridge Ext 121, Johannesburg, 2194
Tel: 011 795 4305
https://www.studentsschoolwear.co.za
​
Hierdie verskaffers hou ons skoolklere aan ten spyte daarvan dat ons ’n baie klein skool is. Ons vra dat alle ouers hulle asseblief sal ondersteun.
Hulle pryse is billik en die kwaliteit word gewaarborg. Indien daar skoolklere in ’n spesifieke grootte nie beskikbaar is nie, sal hulle die artikel(s)
bestel.
​
Die voorgeskrewe skoolklere:
​
Voorskool:
​
• Baken Akademie Sporthempie
• Baken Akademie Sportbroekie
• Baken Akademie Sweetpak (Opsioneel)
• Baken Akademie Trui of “Pullover”
• Baken Akademie Pet of Slaprandhoed
• Enige Skoene en kouse
• Baken Akademie Beanie
​
Skool (Graad 1 tot 12)
​
Seuns: Somer
• Baken Akademie Skoolbaadjie - Verpligtend
• Baken Akademie Blou Hemp
• Baken Akademie Trui of “Pullover”
• Grys Kortbroek Laerskool
•. Grys Kortbroek of Langbroek Kollege
• Baken Akademie Pet of Slaprandhoed
• Swart Skoolskoene​
• Grys lang sokkies
​
Seuns: Winter
​
• Baken Akademie Skoolbaadjie - Verpligtend
• Baken Akademie Blou Hemp met Laerskool of Kollege das
• Baken Akademie Trui of “Pullover”
• Grys Langbroek
• Baken Akademie Pet of Slaprandhoed
• Swart Skoolskoene
• Baken Akademie Beanie
• Grys lang sokkies
​
Dogters: Somer
​
• Baken Akademie Skoolbaadjie - Verpligtend
• Baken Akademie Blou Hemp
• Baken Akademie Blou Rompbroek (Culotte) met kort, wit kouse
• Baken Akademie Trui of “Pullover”
• Swart Skoolskoene
​
Dogters: Winter
​
• Baken Akademie Skoolbaadjie - Verpligtend
• Baken Akademie Blou Hemp met Laerskool of Kollege das
• Baken Akademie Blou Rompbroek (Culotte) met vlootblou “Tights/Bobby Socks” óf Langbroek
• Baken Akademie Trui of “Pullover”
• Swart Skoolskoene
• Baken Akademie Beanie
​
Sport Seuns en Dogters (Dinsdae en Donderdae):
​
• Baken Akademie Sweetpak
• Baken Akademie Sporthemp
• Baken Akademie Sportbroek
• Dogters kort blou kouse
• Seuns donkerblou kort kouse
Daar is ook ’n BAKEN AKADEMIE SKOOLTAS beskikbaar wat ons aanbeveel vir alle Baken Akademie leerlinge (Graad 1 tot 12). Die tas bied
goeie beskerming vir boeke en hou vir ’n hele paar jaar. Indien u ’n tas moet vervang, koop asseblief die Baken Akademie skooltas.
​
​
BTEC Studente Uniform
Aan die begin van die jaar is alle BTEC-studente ingelig dat hulle blou of swart jeans saam met ’n wit of blou hemp moet dra. Vanaf 2025 sal ’n BTEC pufferbaadjie deel van die skooluniform wees.
Huidige BTEC Studente (2024): U kan voortgaan om die aangewese drag te dra totdat u kursus voltooi is.
Nuwe BTEC Studente (2025 en daarna): U is verplig om die Baken Akademie skooluniform te dra, wat die nuwe BTEC-baadjie insluit vir eenvormigheid en netheid.
​
BTEC Baadjie:
Prys: R874 (beskikbaar by ons uniformverskaffer
Algemene Kleredragbeleid
Alle studente is ambassadeurs van Baken Akademie en hul voorkoms moet ons waardes van dissipline en netheid weerspieël. Die kleredragbeleid geld vir alle ingeskrewe studente by die skool.
Baadjies is verpligtend op formele skooldae en moet gedra word wanneer studente die perseel betree of verlaat.
Geen ongemagtigde veranderinge of byvoegings tot die skooluniform word toegelaat nie.
Bykomstighede soos gekleurde kontaklense en sigbare tatoeëermerke is verbode.
Hare mag nie geverf word nie, en eksotiese haarstyle word nie toegelaat nie.
Naels moet kort, skoon en goed versorg wees.
Swart skoolskoene is verpligtend op formele skooldae. Geen ander soorte skoene word toegelaat met die formele uniform nie.
Informele Dragdae: Op dae waar informele drag toegelaat word, word van studente verwag om netjies aangetrek te wees. Stranddrag, styfpassende, deursigtige of té onthullende klere is nie aanvaarbaar nie. Hare, skoene en bykomstighede moet altyd netjies en gepas wees.
​
Spesifieke Reëls vir Dogters (Graad RR-12 & BTEC):
Hare moet netjies agtertoe vasgebind wees en mag nie in die gesig hang nie.
Rompe moet nie meer as vier vingers bo die knie wees nie.
Juwele is beperk tot seëlringe, klein fyn oorbelle (studs of klein steentjies, nie hangend nie), en een fyn goue of silwer kettinkie.
Dogters mag slegs een paar oorbelle dra (geen dubbele oorbelle toegelaat nie).
Deursigtige of neutrale naellak is toegelaat; geen naelwenke of oormatig lang naels word toegelaat nie.
Spesifieke Reëls vir Seuns (Graad RR-12 & BTEC):
Hare moet netjies gesny wees, nie oor die ore, wenkbroue of kraag van die hemp hang nie.
Seuns moet altyd skoon geskeer wees en kort, skoon naels hê.
Geen juweliersware word toegelaat nie, behalwe mediese armbande.
​
​