Meer oor ons Akademie
By Baken Akademie is akademiese uitnemendheid en lewenskwaliteit ewe belangrik. Ons bied 'n omgewing waar elke leerder gekoester en ondersteun word om hul volle potensiaal te bereik. Ons Christen - waardegedrewe onderrig fokus op respek, gemeenskapsbetrokkenheid en persoonlike groei, wat leerders die ruimte gee om te floreer en 'n positiewe selfbeeld te ontwikkel.
​
Baken Akademie voldoen aan die minimum behoeftes van die KABV Kurrikulum, maar bied soveel meer aan op akademiese gebied. Die SwitchedOn kurrikulum word as die basis van ons kurrikulum gebruik om te verseker dat die leerders ten volle voorbereid by die Kollege uitkom.
​
Grondslagfase (Graad R tot 3)
Ons Grondslagfase lê die basis vir toekomstige akademiese en persoonlike sukses deur te fokus op vroeë leer en sosiale ontwikkeling. Klein, intieme klasse verseker dat elke kind individuele aandag ontvang. Die toegewyde onderwysers skep ’n liefdevolle en veilige leeromgewing waar kinders aangemoedig word om vrae te vra, nuuskierigheid te toon en vrymoedig te leer.
​
Hierdie fase stel leerders bekend aan basiese akademiese en sosiale vaardighede, wat hul selfvertroue en selfbeeld versterk. Deur speelse leer en interaktiewe aktiwiteite word 'n stewige fondasie gelê vir akademiese prestasie en lewenslange leer.
​
Senior Primêre Fase (Graad 4 tot 7)
Ons Senior Primêre Fase volg 'n bemeestering onderrigbenadering wat leerders help om kernkonsepte vas te lê en akademiese vaardighede te konsolideer. Klein klasse maak dit moontlik vir onderwysers om elke kind te leer ken en hulle akademiese en emosionele behoeftes te ondersteun. Ons omgewing van vriendelike, nie-oordelende aanvaarding dra by tot leerders se emosionele welsyn, wat hulle selfvertroue, asook ’n positiewe selfbeeld uitbou.
Deur ons Bybelse program, bied sosiale en emosionele programme aan om leerders te help met die ontwikkeling van selfvertroue, empatie, en die vermoë om sterk, betekenisvolle verhoudings te bou. Dit help leerders om lewensvaardighede aan te leer wat hulle toerus om uitdagings met veerkragtigheid en selfvertroue aan te pak.
Akademiese en Buitemuurse Programme
​
By Baken Akademie glo ons in ’n gebalanseerde benadering tot leer en ontwikkeling. Ons buitemuurse program bied ’n verskeidenheid aktiwiteite om leerders se talente en belangstellings verder te ontwikkel:
​
Sport en Fisieke Aktiwiteite:
-
Termyn Een en Vier: Swem, mini-tennis, en veldwedlope.
-
Termyn Twee: Netbal en sokker.
-
Termyn Drie: Tafeltennis, vlugbal, enetiek.
-
Termyn Vier: Swem, mini-tennis, en veldwedlope.
Kultuur en Kreatiwiteit:
-
Drama en kuns word regdeur die jaar aangebied, wat leerders die geleentheid gee om kreatief uiting te gee en selfvertroue op te bou.
Intellektuele Aktiwiteite:
-
Skaak en kodering asook ander denkontwikkeling-aktiwiteite word aangebied om kritiese denke en probleemoplossingsvaardighede te versterk.
​
Die Baken-benadering tot Welstand
Die pastorale sorg van ons toegewyde onderwysers speel ’n kernrol in die geluk en sukses van ons leerders. Ons koesterende omgewing en klein klasgroepe verseker dat elke leerder die ondersteuning en aandag kry wat hulle nodig het om akademies te presteer en emosioneel te groei. Deur oop kommunikasie met ouers en gereelde terugvoering werk ons saam om seker te maak dat elke kind die beste moontlike onderrig en sorg ontvang.
By Baken Akademie help ons leerders om hul plek in die wêreld met selfvertroue, goeie maniere, en Christelike waardes te vind, wat hulle toerus vir sukses op elke gebied van hul lewens.